Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë - James Morcan & Lance Morcan

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

Por James Morcan & Lance Morcan

  • Fecha de lanzamiento: 2018-01-22
  • Género: Historia

Descripción

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë deur onafhanklike navorsers en filmmakers James Morcan & Lance Morcan met die voorwoord deur Holocaust oorlewende Hetty E. Verolme (skrywer van The Children's House of Belsen), is daarop gemik om uiteindelik die ontkenning vir eens en vir altyd te eindig, deur die bisarre verskynsel kop-teen-kop aan te pak.

Geskryf in noue konsultasie met Holocaust oorlewendes en die Tweede Wêreldoorlog historici, is geen steen onaangeraak gelaat om die historiese feite van die volksmoord noukeurig te bevestig nie. Die Morcans  bied 'n wye verskeidenheid van bronne aan, insluitend Nazi dokumentasie, ooggetuieverslae, wetenskaplike verslae en skokkende fotografiese bewyse; dit sluit ook in, debatte wat ontkenners wil skep.

Een vir een, word hierdie verskillende argumente van die Holocaust ontkenners gebruik om dit te probeer diskrediteer met oorlog rekords wat noukeurig nagegaan is en dan dit stelselmatig as onjuis bewys.  Teorieë wat ontmasker is, sluit die volgende in: die ses miljoen dodetalsyfer wat 'n oordrywing is;  gaskamer uitwissing wat fiktief is;  Adolf Hitler en die Derde Ryk word verkeerdelik swartgesmeer is;  die ontleding van die Holocaust rekords wat taboe is, as gevolg van spesifieke wette in Europa kriminaliseer ontkenners;  “Euwel Sioniste” en Israel wat so magtig is dat hulle geskiedenis kan sensor.

Die Holocaust word in die bladsye van hierdie boek as een van die mees goed gedokumenteerde en die mees histories en forensies-beproefde misdade van die 20ste eeu te wees.  In die proses het baie van die wêreld se mees berugte ontkenners, insluitend skandalige Britse historikus David Irving en die voormalige President van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, geopenbaar dat hulle niks anders as anti-Semiete is wat op soek is na verdere swartsmering, ondermyning en demoralisering van die wêreld se Joodse bevolking.

In hierdie insiggewende leesstof wat meer as twee millennia van globale geskiedenis dek, toon anti-Semitisme nie net as die oorsaak van die Holocaust ontkenning nie, maar ook die rede vir die meedoënlose vervolging van die Jode sedert die Bybelse tye.  Die skrywers haal woordeliks die dikwels siek en altyd ongegronde kommentaar van die konings, keisers, politici, pouse, biskoppe en muftis aan, oor die Jode en waarom hulle verkies het om talle volksmoorde teen hulle te pleeg deur die eeue heen.  Hierdie historiese aanhalings bewys onheilspellend, soortgelyke aanhalings wat deur die bose anti-Semitiese stellings gemaak is deur die Holocaust ontkenners van hierdie era ...

As jy meer wil leer oor die Tweede Wêreldoorlog en die Nazi uitwissingskampe, as jy verward voel deur al die ingewikkelde samesweringsteorieë wat op die internet oor die Holocaust sirkuleer, of as jy op die oomblik self 'n ontkenner is, dan is Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë 'n moet lees.